"'n Volledige Guids tot die Vaswatervisse van Suider-Africa" vul 'n ernstige leemte in die publikasies oor die natuurgeskiedenis van suider-Afrika. Uiteindelik is daar nou die een bron waar hengelaars en natuurliefhebbers alle belangrike inligting oor ons 245 varswatervisse te wete kan kom. Hierdie gids is duidelik en maklik om te gebruik. Alle inheemse en ingevoerde uitheemse spesies in suider-Afrika word beskryf, asook 29 marine en riviermondingvisse wat dikwels in varswaterhabitats voorkom. Goeie kondisie. Sagteband, 387 bladsye, 21cm x 14cm.