Geteken deur die skrywer!
Ons uitbuiting van basiese natuurbronne bring mee 'n kwynende veldlewe en palntegroei. Nou moet ons kies of deel: of die bewaring van ons onge-ewenaarde natturerfenis, of sy verlies. As deskundige en ervare natuurbewaarder is Douglas Hey stellig een van die weinige persone wat bevoeg is om die saak aan ons te stel. Met hierdie boek stel hy hom ten doel die beskrywing van die merkwaardige plantegroei en veldlewe van Suid Afrika teen die agtergrond van hul heel besondere habitat. Die noue verband tussen dier en plantegemeenskappe asook die onderlinge verwantskappe van verskeie diere en plante word duidelik uiteengesit. Deurgaans is die grondtoon van die werk die bewaring en gesonde benutting van ons natuurerfenis. Hoofstukke behandel is: Basiese hulpbronne; Grond en water; Plantegroei; Ekologie; Vyf klasse van werweldiere en vele meer. Swart en wit sketse regdeur. Goeie kondisie. Hardeband, 28cm x 22cm, 296 bladsye.